GEBOORTELAND!

aan die eindpunt van Afrika

flits weerkaatsings.

Ek dagdroom in ligskakerings;

ons bly aan hoop!

gradiënte van groen en goud

‘n sportman se sweet,

Ons eenheid –

In ‘n kus van die son hou jy my vas,

gee jou kilometers terug aan hom,

vat vlug oor sy kranse

bagasie uit my tas –

hier is ek in volkleur!

Ons beloftes baar om ‘n gebedskniel,

gee aan ons lande groen koring,

jong koring wat buig –

ons komponeer simfonieë uit Psalms.

Twee hande saam –  

om ‘n bietjie genade water,

ons is van sy stof.

Sy stof illustrasies – ‘n kaalpoot beeld,

jubel in die een,

hulpkrete skreeu in die ander –

my kreet vir die son!

ons vir JOU –

more  is ons hoop joune!

Martha Maria Jones

kopiereg behoort aan skrywer

Meisie en die Toppie

Kopiereg word voorbehou deur skrywer. Martie Janse van Rensburg

Dit is haar eerste keer.

Sy is mooi, dink hy. Woeste blonde krulhare, rooi lippe en oë wat hy net nie van hier af kan uitmaak watter kleur dit is nie. Nee, dink hy, sy is nie net mooi nie, sy is damn verleidelik in haar noupassende swart rokkie.
Pubs is nie gewoonlik sy scene nie. Hy is meer van ʼn Steak House tipe persoon, maar nie vanaand nie, vanaand is hy gatvol.

Gatvol vir sy vrou wat deesdae katvoet loop om hom en sy ouderdom en sy dogter wat praat van haar ‘ou-toppie’. My magtig, hy is veertig nie dood nie.

Die meisiekind, met die swart nommertjie stap met lang rooi stiletto’s verby hom. So naby dat hy haar appel parfuum kan ruik. Een lang been voor die ander, skuifel op die dansbaan rond. Hy wonder wat onder die noupassende rokkie is, maar verban dadelik die gedagte. Hy is wragtig al oud genoeg om haar pa te wees, maar kan dit tog nie help om te kyk toe haar boudjies voor hom rondomtalie speel, en haar borste op en af wip-wip soos soetwyn sakkies.
ʼn Takhaar, sien die rondomtalie boudjies raak, en kom druk sy gevaarsone teen haar. Speel op en af met sy hande oor haar lyf. Sy draai haar kop effens skeef, eers nou sien hy die blou-groen kat oë, wat verleidelik loer agter pikswart wimpers. 
Om jonk te wees, dink hy. Jouself so styf teen ʼn lyfie vas te druk nie, jou hande op die heuwels van haar heupe te sit, jou harde lyf teen haar sagte te vorm , om alles te verloor in die klank van haar asem, die vallei van haar wipgat borste, te smul aan haar soetrooibessie lippies.


Die musiek stop en sy stap saam met die takhaar van die dansbaan af. Haar arm styf om sy lyf gegooi. Weer druk haar lang bene teen syne. Sy skuur dit effens dieper teen sy binneboud. Twee groen oe staar na hom en gee dan vir takhaar ‘n stoute hou op die boud.

Hy sluk swaar aan die saliva in sy mond. Verbeel hy hom of hy het sy dit aspris gedoen?

Takhaar bestel vir haar ʼn glasie rooiwyn. Haar lippe soen die glas bietjies-bietjies met sagte teugies. Sy kyk op, haar oë ontmoet syne weer en sy gee ʼn lang teug. Hy snak na sy asem. Sy penis druk stywer teen sy broek. Genade tog, dink hy, kry net ‘n grip op jouself. Sy gly stadig van haar stoel af, trek die takhaar nader en fluister iets in sy oor. Takhaar sit sy drankie haastig neer en gooi ‘n paar note op die bar.

Takhaar fluister iets terug en gaan na manskamers toe. Ek probeer nie om te kyk hoe sy skaamteloos na vyf minute ook ingaan nie.

Ek moet sien. Ek moet net gaan kyk. Hy staan op en loop na die manskamer toe.

Ek betree die manskamer met ‘n kloppende hart. Die meisie sit op een van die wasbakke, haar bene om die takhaar gevleg, haar liggaam drup van die sweet terwyl takhaar haar lyf neem. Sy kyk oor takhaar se skouer en wys ek moet in die stalletjie gaan staan. Ek gaan staan, sy neem een van haar borste uit en laat takhaar dit soen. Ek voel my penis klop, kan dit nie meer hou nie en laat dit onstap. My hand gaan angstig daaroor, ek hou die meisie se oë  gevange met myne terwyl ek myself bevredig. Sy snak na haar asem, ek kan dit nie meer hou nie my semen bemors die stalletjie se muur. Die meisie knipoog vir my, en wys ek moet die stalletjie toemaak.

Ek luister na die geluid van klere wat regtrek word en hoe hulle dan uitstap.  


Sy hart klop benoud. Wat het ek gedoen? Heelaand sit hy soos ʼn hond met sy tong op die grond en staar. En nou dit? Vieslike ou man, dink hy.

Sy selfoon lui. Dit is sy vrou. Sy wil weet waar hy is, en of hy sy bloeddruk pil gedrink het. Hy lui af…gatvol!

Hy gaan weer terug na die pub. Die meisie is weg.

as die hare waai

Ek het laasjaar een aand voor ons gaan slaap my man se haarknipper gevat – die kammetjie afgehaal en vir myself in die spieël gestaar. Ek was verpletter oor wat ek daar gesien het. Die vrou wat ek myself toegelaat het om te word.

Die vrou wat terug gestaar het was gebroke. Vol seer wat sy nooit kan uitlaat, want sy het haar haarself nie laat huil. Ek is die sterk een, die een wat die GEVOEL van seer vermy ten alle koste.  Ek hou nie van huil nie. (Daardie is ‘n storie vir ‘n ander dag.)

Ek het die knipper aangesit, geluister na die gedreun van sy motortjie en dit teen my kop gedruk en agtertoe gestoot. Soos die hare geval het, het ek ligter gevoel.

Ek kon myself weer in my refleksie raaksien.

My man het die knipper uit my hand geneem na ‘n rukkie – ek dink hy het geweet, want hy het net woordeloos aangegaan totdat my hare afgeskeur was.

Ek het geglimlag vir myself.

Die lewe het my die volgende geleer. Die vrou langs jou se kruis is baie keer swaarder as joune. Die vrou langs jou het ook ‘n storie van haar eie. Partykeer dames, lyk die vrou langs jou dalk effe nors. Sy lyk dalk effe snaaks met weird hare, of sy het die breedste glimlag.

Partykeer is nodig dat jy met haar ‘n vriendelike geselsie aanknoop, want haar hart is ook swaar. Haar tassie volgelaai.  

Ek glo die Here laat ons partykeer die regte woorde sê aan iemand wat dit dalk broodnodig het.  Moenie stilbly oor jul seer. Praat met mekaar. Praat met jou man.

Praat met die Here.

Ons uitweg uit die donker is die pad na die lig.

PS.23

MINUTE

toe God jou roep

eendag moes jy ‘n pappa wees,

kniel voor die meisie van jou drome

graad vang,

matriek deurkom al sit jou

gatvelle nog aan die banke,

my gryshare gee,

jou kniekoppe nerwe afval

eerste keer skooltoe gaan,

jou eerste tand verloor,

eerste tree gee, eerste tand kry

vir die eerste keer mamma sê

                toe roep God jou

en Mamma moes baai sê

al is dit die moeilikste gebaar,

blomme koop vir ‘n graf

niemand het ooit gesê

dat vrees so seer kan wees

al die klere in jou kas

in ‘n boks wegsit

drome van jou my seun

bly nou net drome

                toe God jou roep.

Kopiereg Martie Janse van Rensburg

Verlies

Die verlies van ‘n kind, ‘n baba, ‘n fetus, ‘n miskraam – Jacques Janse van Rensburg is die 25ste Februarie 2011 gebore en die 25ste Februarie 2011 oorlede. Hy sou die jaar agt jaar oud wees.

Agt jaar terug toe ons uitvind ek is die tweede keer swanger, het daar ‘n donker wolk om my gemoed gesak. Anders as die vorige keer was ek nie oorstelp met vreugde nie, eerder met ʼn vrees wat ek nooit aan enige iemand sal kan verduidelik nie. Met die eerste sonar, na komplikasies sou ek uitvind dat ons ‘n tweeling verwag het. Daar was net een hartklop.

Ek was al ses maande swanger toe ek nog nie eens een kleding stuk vir die baba gekoop nie. Ons het toe nog nie eens op ʼn naam besluit nie. Dit is nie dat ons nie die geld gehad het of nie wou nie – ek kon net nie. Ek het vir my man telkemale gesê hierdie baba gaan nie myne wees om huis toe neem. Ek kon nie vir myself in die spieël kyk sonder om te vra is ek so wrede mamma dat ek nie eens my eie kind wil hê nie of is daar iets Groter wat my voorberei.

Ek het nie ʼn vreeslike maklike swangerskap gehad nie. (Ons sou later uitvind ek is A- wat my swangerskappe baie bemoeilik – al my kinders is vroeggebore as gevolg hiervan.)  Elke maand moes ek dokter toe gaan vir blaas- en nierontsteking, ek het gesukkel met vroeë kontraksies en emosies wat net nie wou ophou skree. Op drie-en-dertig-weke is ek dokter toe vir kontraksies. Ons is dadelik hospitaal toe gestuur vir ʼn nood keiser. Die suster wat my ingestoot en kopskuddend gevra : “hoekom moes jy nou in kraam gaan, kon jy nie wag nie? Weet jy dat dit sleg is vir die baba?” Ek het by myself gewonder: is die my skuld? Kon ek dit verhoed?

Die epiduraal het nie gewerk nie, nie eens na die 2de keer – en ek moes ʼn lokale verdowing kry.

Ek het wakker geword en voor my was dieselfde suster aan my eenkant en my man met  ʼn jong seun van so sestien jaar aan my anderkant. Die seun wat baie soos my pa lyk het aan my aan my gesê: alles sal fine wees. (Eers na die tyd het ek gehoor, daar was nooit ʼn derde persoon langs my nie.) Die dokter het aan my gesê die baba se longe en hartjie sukkel bietjie, maar daar is al babas op 22 weke gebore wat deurgedruk het. Ek het begin bid – gepleit. Hy sou oorgeplaas word Pretoria toe, waar hy ʼn week in die hospitaal moes bly en dan kan ek hom huis toe vat. Weke later sou ek nog steeds wag vir daardie oproep wag wat sê, jy kan hom maar kom haal.

My baba is twee en ʼn halwe uur daarna oorlede. My seun is oorlede aan ‘n hartkleppie wat nie mooi toegemaak het nie.

Ek wou niemand op daardie oomblik sien. Ek het my man gevra hy moet langs my sit, die bybel in die kassie neem langs die hospitaalbed. Ek het gevra lees vir my Psalm 23. Die Heer is my Herder, ek kom niks kort nie, Hy laat my rus by weivelde waar dit groen is…. My man het dit daardie aand vir my oor en oor gelees, totdat ek rustig genoeg was om my oë toe te maak.

Die suster het vir Jacques aan my gebring. Dit het gelyk asof hy slaap. Ek sal seker nooit sy gesiggie vergeet nie. Sy lyfie teen my … hoe ek gepleit met hom in my arms…haal asem…haal asem…

Uit die dood van my seun het ek die volgende geleer. Na ag jaar is dit steeds seer, steeds rou, maar mens smile, gaan aan en hoop eendag om te weet hoekom. Kinders gaan hemel toe, daarvan is ek oortuig en dat ek eendag by hom sal wees. Na ag jaar het ek ook geleer dat met elke verjaarsdag van my ander kinders, en syne…met elke Kersfees, nuwe skooljaar vra my mamma hart vrae wat geen mens kan antwoord. Soek ek arms wat ek in die aardse lewe nie sal kan voel. Dit sou my ag jaar neem om weer die Bybel oop te maak, wat ek toegemaak het na hy oorlede is.

Aan die mammas wat deur iets soortgelyk gaan wil ek die volgende sê: Wees sterk. Bid. Praat met vriendinne, praat met mense wat reeds ‘n kind verloor het. Daar is baie groepe op Sosiale media met mammas wat weet waardeur jy gaan. Moenie luister na ander mense. Almal rou anders. HUIL!! Huil!! En Huil…dit is jou reg.

Baie groete

Martie

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: